Standard (EADGBE)

Gister was jy my vriend gewees

Toe moes ek in 'n dagblad lees

Jy't my skoonfamilie sleggese^

En jy wil al my spaargeld ook nog he^

Jou vierde vrou het jou so pas verlaat

jy wil nou nooit meer oor haar praat

Dik gerook van die goedkoop zol

Sit en stuur jy e-posse die wereld vol

KOOR:

O moenie huil nie, o moenie ween nie

O moenie dink jy is die enigste een nie

Jy was nog nooit rerig alleen nie

Jy was nog nooit in Langstraat as dit reen nie

Jy dink mos jy't vreeslik seergekry

Jy glo jy's al ou wat so ly

Maar ek het nuus vir jou vanaand, ou maat

Die hele wereld suffer in 'n doodloopstraat

Daar's orals moord en oorlog in die nag

Daar's commuters wat vir trein wag

Ken jy die hongersnood in Bangladesh?

Weet jy van mense wat in karre crash?

KOOR:

BRUG:

Jy't my een keer te veel teleurgestel

Ek sal nooit weer jou plaaslyn bel

Die kampvuur le^ vol koue as

Daar's dooie kole waar ons vriendskap was

Die lug is nie net een soort blou nie

Die heelal draai nie net om jou nie

Mo^re is mos nog 'n dag

Jy't verniet gedink jy gaan laaste lag

KOOR: