Standard (EADGBE)

Ek kuier in jou voorhuis | Chords herhaal reg deur

tussen mikrogolwe se gesuis |

jou Pa rook pyp, Ma is kuis

and its status symbols in its place

julle kennis en kultuur die wys

in elke meubel stuk se prys

jou broer studeer nou in Parys

jou ouma maak groente sopbeen vleis

die bediende is 'n mental case

in die nuut ontwerpte houtkombuis

Ek het jou in Koelbaai ontmoet

met Franki goes to Hollywood

Met ons eerste soen ,was ek vol moed

al was my klere vol stof en roet

van Lang straat,Hillbrow en Goodwood

daar was olie vlekke op my hoed

en my hande was vreemd en benoud

op jou sagte lyf jou asem soet

jou aksent en jou mooimaak goed

teen al die ander was jy tog te cute

Jy's my Lady van die bo-dorp,

Jy verstaan

My Lady van die Bo-dorp

Na wie ek snags kan gaan

Jy's my quality en class

jy maak liefde sonder om te raas

ek maak nooit weer 'n ander pass

Toe het ek julle buurt leer ken

almal was mal of into zen

gepatchte T-shirts ,Jeans ,Hang Ten

In elke sweater sak 'n blink fulpen

Almal smile so vriendelik en

vra my wie se zoon ek ben

Nou is ek nimmeer meer aleen

want ek weet ek het jou hart gewen

dis soos 'n sprokie

van hans anders en

ver van gewere aard en stem

Hulle kan van classics en Jaques Brélle

Hulle weet hoe om boudoux te spel

hulle lees boeke soos een vir Azzazelle

en hulle gesels so sag se private hell

Hulle is vriendelik as jy hulle bel

om jou al die nuutstes te vertel

So en so se kiss don't tell

Jou paspport is jou ryk wit vel

Selfs die professore is jou pel

Dis so anders as in Brackenfell

Jy's my Lady van die bo-dorp,

Jy verstaan

My Lady van die Bo-dorp

Na wie ek snags kan gaan

Jy's my quality en class

jy maak liefde sonder om te raas

ek maak nooit weer 'n ander pass

Daar is baie ander net soos jy

Wat met hulle Japanese tapedecks ry

Wat partytjies hou in Warm Vlei

Op champagne breakfasts met Caberné

En almal gaan ryk erf soos jy

Elkeen dra tekkies en 'n oorhang trui

Hulle gesprekke gaan oor vuifery

Windsurfers, saunas en perdry

Hulle doen kursusse in pottebakkery

En ken die werk van Claude Moané

My Lady van die bo-dorp,

Dit promise ek vir jou

So lank jy straight bly

Sal ek altyd van jou hou

My liefde sal jy nooit berou

Ek sou al gewaai het as ek wou

Ek is moeg van swart en blou

Ek kom nog onlangs uit die kou

Met jassakke wat toppers binne hou

Hoe kan ek weggaan selfs al sou

So iets gebeur

Later of nou

Wie anders kan ek in my hart vashou

Jy's my Lady van die bo-dorp,

Jy verstaan

My Lady van die Bo-dorp

Na wie ek snags kan gaan

Jy's my quality en class

Jy maak liefde sonder om te raas

Ek maak nooit weer 'n ander pass

Ek's jou Lady van die bo-dorp,

Ek verstaan

Jou Lady van die Bo-dorp

Na wie jy snags kan gaan

Ek's jou quality en class

Ek maak liefde sonder om te raas

Al kon ek nooit die reuk uitstaan

van jou Guiluasse