Standard (EADGBE)

Valerie van Rondebosch

Met die lag en stem soos groentesop

Sy maak vir my sulke lekker kos

Koffie en toast met peanutbotter op

Sy's in 'n woonstel bo die Main Road

Karre ry heelnag verby

Maar Valerie, sy kom van Goodwood

Dis hoekom sy so lekker vry

KOOR:

Valerie, my hart is nat

Waar jy verbygeskuur het

Maar Valerie, kind, weet jy wat

Ek wonder nou nog wat gebeur het

Sy't grootgeword in Van's Cafe

Sy wys my al haar foto's

Die mense dag sy's 'n take-away

Agter die till vandat sy so groot is

Haar voete is plat soos die Cape Flats

Haar gesig is 'n Renoir-skildery

Ja, ek het Valerie so lief

My Valerie van Van's Cafe