Standard (EADGBE)

O Bo kant die stasie

Daar woon Kris Jan Swart

Tus-sen die spoorweg en die na-sio-na-le-pad

Op die muur van sy stoep

Hang die horings van 'n bok

In sy agterplaas groei perske boom

Langs groot ou duiwe hok

Op daai duiwe is hy so trots

Hulle maak sy hart so bly

Want die silwer bekers op sy pel (Ek kan nie lekker uitmaak wat hy hier sing nie)

Dit staan so in 'n ry

Ja hy is Kris Jan Swart

Hy's wyd en syd geken

Vir sy duiwe wat so vinnig vlieg

En pryse vir hom wen

Nou krisjan se vrou

Is lekker rond en vet

In haar hare dra sy kurlers

In haar mond 'n sigaret

Pantoffels aan haar voete

Kook sy mos konfyt

Met haar een oog op die tuinjong

Wie die agterplaas natspuit

O daai vrou is hy so trots

Ja sy maak sy hart so bly

Al is sy nie jonk nie

Kan sy nog lekker vry

Ja sy is Wilmiena Swart

Hulle ken haar 'n wyd en suid

Vir haar melktert en mosbolletjies

Haar beroemde boer beskuit

Nou Kris Jan se dogter's met 'n prokereur getroud

En hy het vir haar 'n groot wit huis

In Riebeech park gebou

En die kaggel in die sitkamer

Is mooi met klip versier

En 'n skildery van die tafelberg

Hang hoekal teen die muur

Op daai dogter is hy so trots

Sy maak sy hart so bly

Al is sy nie mooi nie

Het sy haar man gekry

Ja sy is Johanna Swart

Sy's die vrou van die prokereur

En haar lippies en haar vingernaels

Is dieselfde bloed rooi kleur

Nou Kris Jan se seun

Is 'n lekker fris gebou

Maar sy stem is 'n bietjie hoog

Sy broek is 'n bietjie nou

Sy hare dra hy lank

En hy speel ook die kitaar

En 'n Kris Jan vra sy vrou

"waar kom die seun vandaan?"

Op daai seun is hy nie trots nie

Hy maak sy hart so seer

Kan ek tog sy pa wees

Wil Kris Jan redeneer

O hy is Kris Jan Swart

O hy het ook sy pa se naam

Maar sy hare en sy kitaar speel

Die maak sy pa so skaam

O bo kant die stasie

Daar woon die swart gesin

En 'n Kris Jan drink net brandewyn

Wilmiena drink net gin

Hulle sit daar op die stoep

In die skemerlig so flou

En hulle kyk hoe vlieg die duiwe

Sirkels teen die blou

Ja hulle sit daar op die stoep

In die skemerlig so flou

En hulle kyk hoe vlieg die duiwe

Sirkels teen die blou