Ad loading…

Standard (EADGBE)

 Ek sit op my balkon en die geluide wat ek hoor

 soos die skemergoggatjies en die voëltjies se goodnight koor

 Dink ek aan 'n paar jaar terug en die meisie in my droom

 met die ligte blonde hare en 'n glimlag so vroom

 Gereeld het sy kom kuier

 en ek sien haar daar staan

 Kom praat net 'n rukkie net my

 vertel my wat is jou naam

 Ek weet nie wat is haar naam nie

 of waar vandaan sy kom

 Haar oë blink soos die sterre

 en haar gesig is 'n somersblom

 haar glimlag is 'n sonstraal

 en ek voel weer soos 'n kind

 ag praat net 'n rukkie met my

 of fluister jou naam in die wind

Ek toer deur my gedagtes

met woorde wat ek wou spreek

Sinnelose sinne,net om die stilte te breek

Want ek kan dit nie meer vat nie

ek kruip hier in 'n gat

Vertel my wat is jou naam

want dis die sleutel na die skat

Koor