Standard (EADGBE)

Laasnag het ek gedroom dat ek weer in 1975 woon,

die jaar toe ek laas gelukkig was.

Toe het ek afekom by die trap & vir my water getap in

die kombuis dit was so stil in die huis.

De mooiste jare is verby.

Anyway & toe het ek gedroom dat ek in 'n jaar so ver as

moontlik van 1998 af gaan woon.

Laasjaar het ek gedroom dat ek weer in my eie mooiste

woorde woon in my mooiste dorp & dat ek weer gesond begin te word.

Toe het ek wakkergeskrik & iets was nie pluis niet,

ek so lost ek was nie in my eie huis nie.

die mooiste woorde is verby.

Anyway & toe het ek gedroom dat ek in 'n taal so ver as

moontlik van Afrikaans af kan gaan woon.

In my boyhood het ek 'n meisie gehad sy was beautiful,

beyond afrikaans sy kon heelnag my so hartseer dans

& sy was somehow Gert se laatste stance.

En toe het sy gedroom dat sy in een lyf so ver as moonlik

van my lyf af gaan woon.

Die mooiste liefde is verby.

Anyway & toe het ek gedroom dat ek by haar lyf so ver as

moontlik van my lyf af gaan woon.

Somewhere het ek gedroom dat ek my eie begrafnis bywoon

& Pa was daar & Ma was daar & al myn gelifdes soos in my

gelukkigste jaar.

Maar die mooiste was dit die mooiste was dit dit was dat

ek afgebuk het na die grond & myself gesoen het op my eie mond.

Die mooiste drome is verby.

Anyway en toe het ek gedroom dat ek in 'n droom so ver

as moontlik van hier en nou af kan gaan woon.

Laasnag het ek gedroom dat ek weer in 1975 woon,

die jaar toe ek laas gelukkig was.

Toe het ek afekom by die trap & vir my water getap in

die kombuis dit was so stil in die huis.

Die mooiste jare is verby.

Anyway toen het ek gedroom dat ek in 'n land so ver als

moontlik van Suid-Afrika af gaan woon. en toen het ek gedroom

dat ek in 'n land so ver als moontlik van Suid-Afrika af

gaan woon.

END