Standard (EADGBE)

Op 'n reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die sand

Op die gravelpad na die see soek ek die unicorn se strand

Daars 'n roos in elke doring en'n leuen in elke feëverhaal

Hierdie oomblikke van waarheid glim soos neon deur my taal

Ek weet jy's hier iewers in die klei van Afrikaans

Maar ek ken nog nie jou naam nie, jy sing waar die flaminke dans

Chorus

Jy's die voodoo wat my vashou

Jy's die vloek wat my laat skryf

Die Sahara's in jou oe

En Atlantis in jou lyf

Ek sien die buitelyne van jou skip, ek lees jou kaart so dof

Jy's 'n ruine tussen klip, 'n rivierbedding vol stof

Ek grawe kaalhand in die grond op soek na woorde en witblits

maar Vader Tyd se uurglas sak soos 'n deurkosyn in Luderitz

Al volg ek jou lugspieelings deur die rotsblokke van smart

val die reen steeds oor my pyn en is dit winter in my hart

Chorus

Jy's die voodoo wat my vashou

Jy's die vloek wat my laat skryf

Die Sahara's in jou oe

En Atlantis in jou lyf

Op reis deur die woestyn verdwyn ons trane in die mis

ons verruil ons laaste pyn vir wilde liefde op die ware kus

Ek volg jou spore deur die vure waar droee geraamtes lag

my drome flikker soos die vure van oases in die nag

Chorus

Jy's die voodoo wat my vashou

Jy's die vloek wat my laat skryf

Die Sahara's in jou oe

En Atlantis in jou lyf