Standard (EADGBE)

Ek soek net een wolklose winter

Ek soek net een windstil seisoen

Geen sopnat en snerpende koue

Gee my 'n jaar in die son

Ek kom 'n lang pad uit die strate van Hillbrow

Ek het die sypaadjies van Sunnyside verlaat

Die kommunes en die crash pads en die couches

Van mense wat nou nog oor my praat

Dit was 'n moeisame tog deur Namibië

Toe ons besteel is in elke hotel

En die Weskus en die Ooskus en die Vrystaat

Toe ek moes bedel om jou net te kon bel

Ek soek net een wolklose winter

Ek soek net een windstil seisoen

Geen sopnat en snerpende koue

Gee my 'n jaar in die son

Ek het gehuil op die skouers van vreemdelinge

Ek het gelag in die gesig van gevaar

Gebewe in die ysige wastelands

En gesweet vir my nuwe kitaar

Al staan ek in die bar op 'n reëndag

Al rook ek op jou flat se balkon

Sal jy omgee vir my voorspoed en my vryheid

Sal jy opkom vir my jaar in die son

Ek soek net een wolklose winter

Ek soek net een windstil seisoen

Geen sopnat en snerpende koue

Gee my 'n jaar in die son

Gee my 'n jaar in die son

Gun my 'n jaar in die son