Standard (EADGBE)

Intro

Oesters, sjampaign, kerse op die kantlyn,

Vyf en twintig rose om die rooiwyn

Loftes Versveld was nooit so lekker soos nou nie.

Net jy en ek die wagte by die hek

Ek moes wraggies elke liewe toutjie trek

Om hierdie aand te reël maar niks is ooit te veel vir jou nie

En nou begin die aksie liefie

….

Chorus

Af af af en af … gaan al die ligte in die nag nag nag

En sag speel daardie liedjie wat ons al twee like

Al ken ons nie die woorde nie

Net oh oh oh we oh we oh

Op op op en op …. gaan temperature

In my kop kop kop moenie stop met al jou liefde

Dis ‘n lekker lekker lawwe

skop hom tussen deurie pale ………….Aand

Ek het jou nou verras en toe jy oë sit

Op daai mooi ring in die glas

En as ek kyk na hoe jou oë oplig

Dan voel ek heel verlig in my hart

Jy soen my weer en as ek iets wil sê

Soen jy my nog ‘n keer en fluister saggies “Ja”

In my linker oor, dit maak my weer van vooraf verlief.

En nou begin die aksie liefie …….

Chorus

Ek skiet die proppie van die vonkelwyn in die lug op

Ons klink ‘n glasie en ek hou jou lippe dop

Dit voel so reg as ek jou styf teen my vashou

En nou begin die aksie liefie …….

Chorus

Dis ‘n lekker lekker lawwe

skop hom tussen deurie pale ………….Aand