Standard (EADGBE)

Ek het in my kinderjare vas geglo in Kersfeesvader

In werklikheid ry hy mos met 'n slee

Maar hier stap hy deur die mielies met 'n streepsak en 'n kierie

En my boetie vra "Boer hy in Clocolan?"

Waar is jou rendier en silwer spore

Waar is ons drome van gisteraand

Vlieg oor die bome met my drome

Kyk hoe glinster die maan

Die winde van die winter het my kinderhart ontnugter

En boetie kry 'n rooi jas in die laai

Jonk van jare oud van dae huil ek hartseer in my kamer

Want jou fantasie het soos 'n droom verdwyn

Waar is jou rendier en silwer spore

Waar is ons drome van gisteraand

Vlieg oor die bome met my drome

Kyk hoe glinster die maan

In 'n brief van laterjare skryf ek "Liewe Kersfeesvader,"

Elke meisie het 'n spesiale wens

Vir 'n man so soet soos suiker met 'n motor sonder duike

En soen hy jou dink jy dis net 'n droom

Waar is jou rendier en silwer spore

Waar is ons drome van gisteraand

Vlieg oor die bome met my drome

Kyk hoe glinster die maan

Ek stap toe op 'n aand laat

Met 'n kêrel uit die Vrystaat

Al bestuur hy ook 'n bakkie

Sê ek Kersfeesvader dankie

Want al sy soene is soos suiker

En in sy hande 'n diamant

Vlieg oor die bome met my drome

Kyk hoe glinster die maan

Kinders om die boompie wag nou vir die oompie

My dogtertjie is net 'n bietjie bang

Maar hy stap sommer uit die branders

Ja die tye het verander

My seuntjie vra "Woon hy in Jeffreysbaai?"

Waar is jou rendier en silwer spore

Waar is ons drome van gisteraand

Vlieg oor die bome met my drome

Kyk hoe glinster die maan