Standard (EADGBE)

Kom sit styf hier teen my, jou kop agteroor

Hoor jy hoe sag val die reën ?

Die dag is verby, nog 'n week, nog 'n maand

Waar loop die tyd met ons heen ?

Onthou jy hoe ver moes ons skool toe stap

En sou jy my fliek toe vra

Dan moes ons jou tjor aan die brand kry, ek en jy

Ja, dit was die goeie ou dae

REFREIN 1:

My held was Elvis, my Elvis, my "Heartbreak Hotel"

Toe jy nog vir my met 'n tiekie kon bel

Kom ons klink 'n rooi glasie wyn op ons skete en pyn

En gee ons oor aan die nostalgie

2de Vers:

Die kiekies is dof, die albums vol stof

Kyk hier bak ma haar beskuit

Daar stamp Stephanus vir Mien in die dam

O hoor jy die wind tee die ruit ?

Die kindergesiggies, die sterre se liggies

Laat jou van voor af onthou

Ou vriende is dood, die kleinspan word groot

Ja, kyk net waar staan ons nou

2de REFREIN:

Draai weer daai "Ramblin' Rose"-plaat van Nat "The King" Cole

En "Your Cheating Heart" en "He'll Have To Go"

Kom ons ruil 'n dag se rumoer vir 'n outydse toer

En gee ons oor aan die nostalgie

BRUG:

Onthou jy die saam besluit

Liefde had geen perke

Saam veg teen die steiltes uit

Hier staan ons nou, sterker en sterker oe

REFREIN 1 (sonder die "My held was": begin by "Elvis"")