Standard (EADGBE)

Nog 'n somerson Kersfees

Want die Koningskind verjaar

Ek skryf vir jou uit die noorde

En sal die posduif vra

Sal hy gaan draai in die suide

By die berg en die see

En daar waar my liefde kaalvoet loop

Die nota vir jou gee

Koor:

Ek bring vir jou 'n sonneblom

uit Bethlehem

En gee dit water op Bloemfontein

Uit Hanover bring ek kappertjiesaad

Uit die tuin van nr. 3 Darlingstraat

En hanepoot druiwe uit die Paarlvallei

Nog 'n somerson Kersfees

Want die Koningskind verjaar

Die suiderkruis my kompas

En 'n eng'le koor ry saam

En my hart gesels langsaam

Oor die liefde en ek weet

Die herberg lê om die draai

Jy wag vir my by die see

Koor x2