Standard (EADGBE)

Jy't gesê ons liefde sal bly staan

al tuimel al die berge in die oseaan

doen vir my 'n gunsie voor jy gaan

gooi vir my 'n klippie, klippie in die oseaan

wie sal ooit die liefde kan verstaan

nader as 'n hartklop verder as die maan

daar is 'n tyd van kom en 'n tyd van gaan

dit het ek gelees, maar hoe sal ek dit ooit verstaan

en kyk hoe sak die sekelmaan

in die stille oseaan

stille waters, diepe grond

onder draai die duiwel, onder draai die duiwel rond

miskien is liefde net 'n fantasie

dis nie alles maanskyn en rose nie

jy was vir 'n rukkie aan my sy

Was jy net 'n bietjie, net 'n bietjie lief vir my

miskien is daar 'n plek vir ons twee saam

anderkant die berge van die maan

as die maan weer opkom sal ek onthou

ek was vir 'n rukkie ook 'n bietjie lief vir jou

ek was vir 'n rukkie ook 'n bietjie lief vir jou