Standard (EADGBE)

Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld

Van die plooitjies om jou oë onder andere

Maak vir my 'n afskrif van die drome in jou hande

En die skewe halwe glimlag om jou mond

Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet en onthou

'n Mens is tog te gou geneig om maklik te vergeet

'n Foto keer dat die tyd verweer

Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld

Van die sprokies en die spoke van jou lyf

en die roering in jou palms en jou hartklop in jou are

En jou stiltes en jou lag en selfs jou huil

Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet en onthou

Soos ons ernstige woorde oor die dinge van belang

Wat nou reeds stom in die gange hang

Stuur vir my 'n foto 'n duidelike beeld

Van 'n plek waar ons al saam was of heen wil gaan

Dalk 'n horison 'n waansin 'n hawe of 'n bos

Onthou jy nog hoe ver wou ons nog reis

Probeer ten minste vaspen 'n bietjie van die aard

Van die dinge wat jy liefhet en onthou

'n Mens is tog te gou geneig om maklik te vergeet

'n Foto keer dat die tyd verweer