Ad loading…

Standard (EADGBE)

Bant hom nou so, en flennie die snare

 Ek is verlief op die kind.

Die son slaan vuur uit die sweetvoshare

Ek is verlief op die kind

Hoor jy meisie met die sweetvoshare,

verstaan jy die pad van die rankiesnare

Ek is verlief op jou kind

En Lappa lei vir Bella koud by Waboomskloof se geelbossies

Lappa maak vir Bella stout met Hanepoot se natrossies

Donkerrooi die wingerdblaar en warmrooi die mond van haar

 My hart blom wit, vir die voshaarnooi en pluk heide van die rooiste rooi

 Vir hierdie einste voshaarnooi

 En Bellabind my meisiekind, dis hartblomwit, dis heiderooi

 En Bellabind my meisiekind, dis hartblomwit, dis heiderooi

 Vir jou my voshaarmeisiekind

Hoor jy meisie met die sweetvoshare,

verstaan jy die pad van die rankiesnare

Ek is verlief op jou kind

Ek is verlief op jou kind