Ad loading…

Standard (EADGBE)

 Sing, sing jou woorde teen my vas

 Bring, jou hele lewe in 'n tas

 Vat 'n trein na Bloemfontein

 En die 506 na Petrus Steyn

 En as jy wil, vat daar 'n bicycle

Volg, volg die grondpad teen die bult

Hol, oor die velde as jy wil

Hier wag ek die jare om

Vir 'n stofwolk op die horison

Of iets soortgelyk, wat soos jy lyk

KOOR

 Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen

 En 'n trekker wat se tires lek

 Vir alles wat ek aan jou gedoen het

 Kom jy by my intrek

 Ek't nog 'n vrot pampoen en 'n stukkende skoen

 En 'n plaas wat ek afbetaal

 Vir alles wat ek aan jou gedoen het

 Kom jy om my te haal

Stuur, stuur my liefde vir jou ma

Maar, as jy kom los haar net daar

My baby hier's net plek vir die drie van ons

Want dis ek en jy en 'n af-oorhond

Sy naam is Roof, maar hy's al jare doof

Bring, bring daai goedjies wat jou pla

En ek, maak 'n ring van ogies draad

Ek spaar nog vir die diamant

En 'n donkiekar vir die predikant

Ek sal moet blomme leen, tot dit eendag reen....

KOOR