Standard (EADGBE)

Hannes het gedink hy gaan sy luck probeer

gewoonlik hang die sleutel by die agterdeur

hy weet dat hy na nege nie sy girl mag steur

want haar pa slaap sag en hy laai altyd die

haelgeweer

Dit was twee uur daardie oggend toe hy haar traai bel

hy't geweet hy moet dit eerste vir sy girl vertel

as sy die storie moet hoor by haar beste pel

is dit verby met Hannes Nel

Koor:

Asseblief my lief

Sy's nie naastenby so mooi soos jy nie

Asseblief my lief

Ek het regtig nie bedoel om haar te vry nie

Ek weet jy sal my nooit weer vertrou nie

Ek was vir niemand nog so lief soos vir jou nie

Asseblief my lief

Dit was drie uur toe Hannes aan haar ruit klop

Sy tjommie Spanner loop en drink nog aan sy loopdop

Hy piepie sirkels op die teer en teen 'n wieldop van 'n spietkop

wat toevallig langs hom in die pad stop

Spanner het vir jare in die tronk gebly

Hy het lanklaas met 'n spietkop op die straat baklei

toe Hannes kom probeer om hulle stil te kry

word hy deur 'n vragmotor raakgery

Koor:

Die storm het bedaar twee maande later

Hannes is stabiel hy drink net whiskey en water

In die plaaslike koerant sien ons vir Hannes en sy mater

en sy girlfriend word by die dag kwater

Koor:(x2)

Woorde en Musiek: Robbie Wessels

robbiewessels.com