Standard (EADGBE)

Intro

As ek net meer kan droom

Van die wind in die takke

Van die ou wilgerboom op die plaas

Ek sal alles verruil om weer Sondag na kerk

Saam met Remi te huil vir oulaas

Koor:

Ek wens ek sien weer vir die eerste keer die suiderkruis

Ek wens my oupa kan weer Halley se komeet uitwys

Soos 'n kindjie na 'n kinderbybel prentjie kyk

Wil ek vir oulaas weer die stofreen op die grondpad ruik

Kan Pinocchio asseblief nou uit daai walvis klim

As Heidi se oupa net sy snor wil trim

Ek wens ek kan Neels Holgerson laat beter voel

Ek wens die reen wil weer die grondpad op die plaas verspoel

Mamma kook vir ons bokmelk vanaand

Smelt vir ons kaas in die pan

Vertel vir my weer hoe kry Heidi so seer

En waar kom Tautau vandaan

As ek net weer kan glo

Soos 'n kind kan vertrou

Daar is engele daar bo wat ons bless

As ek net weer kan kyk

Hoe die vlei begin loop

En hoe jou mielies weer mooi lyk John West

Koor:

Is Remi se apie dan dood

Of speel hy nogsteed toneel

Pa is Nonna al terug

Is dit reen in die lug

Of het ek myself weer verbeel

Koor:

Woorde en musiek: Robbie Wessels

robbiewessels.com