Standard (EADGBE)

Ek het 'n vriendin ver by die blou see

Teen die hang van Tafelberg

As die son sak

Speel sy die mooiste melodiëe

Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart

Die klavier se grootste vreugde

hartseer en verlange

verstaan die hart se diepste smart

Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

En Lisa kannie ophou as sy eers begin het nie,

En sy laat my nooit huistoe loop

Of afskeid neem

Voor my laaste sigaret nie

Ek staan op haar balkon, ek drink haar appelkoostee

Kyk uit na Kaapstad in die nag

Die liggies, en die swart

Swart see

Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

Ja, die hele wereld word stil, en luister in die donker uur

Na die naggeluide van Lisa se Klavier

En onder op die sypaadjie

Sien ek die bergie en sy maat

Staan op en opkyk ver na bo

Vannuit die vullis van Oranjestraat

Hul ken al lank die klanke

Wat uit haar woonstel stroom

Lank na twaalf, met die deure oop

Al moan die bure ookal hoe

Word Lisa elke boemelaar se droom